"MOSAMBIEK". . .As gesin was dit die "ultimate" vakansie! Coconutview een van die heel beste kampeertereine in Ponta! Die lieflike hoe dekke, waarop al 3 ons tente gepas het, was verfrissend. Waar almal warm en bedompig was in Ponta, was daar altyd hierdie lieflike luggie wat ons afgekoel het op die dek. Nie dat jy maar moes sorg dat jou tente lekker stewig geanker word nie want in die aand kon die windjie maar lekker gesels.Skoon,geen sand lieflike uitsig oor die hele baai! Voeltjies wat ons vroeg oggend vermaak soos die Claas's koekoe wat deur 'n kortbek suikerbekkie gevoer word asook die Vleiloerie wat vet wurms vir sy kleintjies aandra!
Skoon ablusie fasiliteite het elke oggend op ons gewag.
Die trappies het ons sommer lekker fiks gehou en ons daaglikse oefeninge gegee en kon ons maar sommer daai ekstra koekie eet sonder om skuldig te voel!
Kosmaak was pure plesier. Alles wat jy nodig gehad het, was daar. Tot 'n elektriese klitser vir die Peppermenttert op Kersdag! Die heel beste van die vakansie was "Jy het nooit nodig gehad om skottelgoed te was nie. . .nooit!Dus was daar ook nooit gestry oor wie gaan was nie. Dankie Coconutview!
Die eienaars, Riaan en Letitia was altyd net reg om te help. Vergeet nie vir Tannie Annetjie wat heeldag ogie gehou het dat alles in die kombuis in orde was en heerlik skoon nie! Dankie julle!
Sal ek weer gaan? O ja,beslis! Die keer vat ek die minimum saam want so te se, is alles reeds daar!
Jul het ons vakansie waarlik onvergeetlik gemaak. Dankie Riaan ook vir jou onbaatsugtigheid om ons uit te help met die sleep van ons sleepwa na die grens!
Sien jou weer Coconutview!
Nerina van Rensburg (SA)
December 2010